| www.PearlyBeachOnline.co.za | |
| ARCHIVES — Contents Page |
Conservation Society Home Page HERE
Pearly Beach Conservation Society
November 2004 — Newsletter / Nuusbrief
Plant Indigenous * AGM * Herbarium * Dyer Island * BARC * Ringed Birds * Australian Alien Vegetation * African Black Oystercatcher * Milkwood Tree * Overstrand Recycling * SeaWatch * Manatoka Trees
|
PLANT
INHEEMS — ERNST VAN JAARSVELD
<<Back Kusvaalbos (Brachylaena
discolor), Struike sluit die volgende
in: Dit is soorte wat almal na aan die see tuis is en dus uitstekend vir die seefronttuin is. Onthou dat die Wildevy (Ficus burkei) 'n groot spreidende boom, ook goed na aan die kus aard, maar dat hy weens sy aggressiewe wortelstelsel nie naby geboue geplant moet word nie. |
<English translation coming soon> |
|
'n
Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2005!! A blessed Christmas and a prosperous 2005!! |
| ALGEMENE
JAARVERGADERING
<<Back Datum: Woensdag 22 Desember 2004 Tyd: 10:00 Waar: NG Kerksaal Gassprekers: • Wollie Alheit - Dept Landbou • Willie Auret - Ecoguard • Rob Nothnagel - Seawatch / Marines • Barend le Roux - Cape Nature Conservation Introduction of Fynbos Garden of the Year Award!!! |
ANNUAL
GENERAL MEETING
<<Back |
|
HERBARIUM
<<Back Die besoekersboek toon dat die Herbarium in 'n besonderse behoefte voldoen. Waar Pearly Beach ongekende uitbreiding beleef, is dit egter kommerwekkend dat met die skoonmaak van erwe baie inheemse plante vernietig word. Ons is tans besig om met die hulp van 'n fynboskweker sommige van die plante te vermeerder deur die kweek van steggies, wat mettertyd in 'n Herbariumtuin hervestig sal word. Indien u weet van erwe wat skoongemaak gaan word, kan u gerus die Herbarium vooraf in kennis stel sodat gepoog kan word om sommige van die plante te red. Die uiters seldsame wit Brunsvigia orientalis wat in ons dorp groei, word juis deur ontwikkeling bedreig, en die hulp van 'n bekende kweker van Stellenbosch is ingeroep. Die resultate van die aanwas van die bol sal mettertyd weer op 'n veilige plek in Pearly Beach geplant word. Almal wat belangstel om by die Herbarium betrokke te raak, kan gerus vir HEILIE MOSTERT by tel 028 381 9888 of 082 392 1178 kontak - hulp is altyd welkom en baie nodig! |
<English
translation coming soon> |
Only
after the last tree has been cut down, Only after the last river has been poisoned, Only after the last fish has been caught, Only then will you find that money cannot be eaten. |
DYER
ISLAND — A WETLAND OF INTERNATIONAL IMPORTANCE
<<Back "Dyer Island is one of the jewels in the crown of Cape Nature Conservation. Besides the Oystercatchers, there are many other rare, interesting and threatened bird species breeding and it merits a special conservation status. Dyer Island must be one of the most valuable pieces of ornithological real estate in South Africa", comments Professor Les Underhill, director of the Avian Demography Unit. |
BIRKENHEAD
ANIMAL RESCUE CENTRE
<<Back Die Bestuurskomitee van BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) het gedurende die afgelope jaar weer aktief in Gansbaai, Pearly Beach en Baardskeerdersbos begin werk. Hulle is verantwoordelik vir die toepassing van die Diere-beskermingswet, Wet 71 van 1962. Leonard Batt is aangestel as veldbeampte en skutmeester. Probleme met verwaarloosde en rondloperdiere kan direk onder Leonard Batt se aandag gebring word by telefoon 083 742 3903. |
<English
translation coming soon> |
GERINGDE
VOËLS
<<Back 'n Vriendelike versoek word hiermee aan almal gerig om enige inligting oor metaal- of kleurringetjies wat aan lewende of dooie voëls se bene opgemerk word, aan Safring te rapporteer by: tel 021 650 2421/2; faks 021 650 3434. En onthou, dis belangrik om die plek, datum, tyd en die nommer op die ring neer te skryf. |
<English
translation coming soon> |
"You
must be the change you wish to see in the world"
- Gandhi. |
HOEKOM
IS HIER SO BAIE AUSTRALIESE INDRINGERPLANTE IN SUID-AFRIKA?
<<Back Australië, net soos Suid-Afrika, was vroeër 'n Britse Kolonie en die verskillende kolonies was almal aktief betrokke by die verspreiding en uitruiling van plante. Dit was ook 'n botaniese bloeitydperk, en plantkundiges en tuinboukundiges uit Europa het plante na Europa en van die ander kolonies van die destydse Britse ryk gestuur. Onthou, daar was ook nie iets soos elektrisiteit nie. Hout en steenkool was die enigste bron van energie - dit is hoekom die houtagtige plante om Kaapstad baie vinnig uitgeroei is. Daar word byvoorbeeld vertel die Suikerbos het in digte stande teen Tafelberg se voetheuwels gegroei, maar daarvan is vandag baie min oor. In plaas van inheemse plaasvervangers is vinnig-groeiende indringers die land ingebring. Die Kaapse Vlakte het baie sandduine en los sand gehad en John Montagu en ander, soos baron Von Ludwig, het byvoorbeeld in die 19de eeu besluit om die Australiese akasiabome (Portjacksons en Rooikransbome) in te voer om die sand te stabiliseer. Dit was baie doeltreffend, maar ten koste van ons inheemse strandveld en kusfynbos. Die plante kom van 'n soortgelyke deel van Australië, maar is sonder hulle natuurlike vyande ingevoer. Daarom kon ons inheemse plante nie met hulle meeding nie. |
<English
translation coming soon> |
HELP
CONSERVE THE AFRICAN BLACK OYSTERCATCHER!
<<Back African Black Oystercatchers occur along the coast and off-shore islands from Namibia to the Eastern Cape. They are usually found on sandy or rocky shores, and less frequently on coastal vleis and lagoons. Oystercatchers almost always occur in pairs or small groups. The breeding season is from September to March. They nest on exposed sand, rocks, next to dried kelp or amongst stones. Usually two eggs are laid, of a greenish or buff stone colour with dark spots, which provides an effective camouflage against predators. The name Oystercatcher is misleading as they feed mainly on mussels, limpets, whelks, crustaceans and various worms, rarely if ever taking oysters! You can help! For further information please contact Cape Nature Conservation: Cape Town - Tel 021 483 4615; Hermanus - Tel 028 314 0062. |
WITMELKHOUTBOOM
(Sideroxylon inerme)
<<Back Johan Loubser het gedurende April 1988 'n klein Witmelkhoutboompie op sy erf op Kleinmond geplant. Vandag is dit 'n boom met 'n hoogte van 5 meter en 'n kroonwydte van 7 meter! Johan het opgemerk dat die Melkhout baie gunstig op stikstofbemesting reageer. Deur die jare is die boom gereeld met stikstofkunsmis bemes deur in die herfs en vroeë winter 2 toedienings kalksteenammonium-nitraat (KAN) te maak. In die begin is 'n halwe koppie (100g) per keer toegedien, wat gaandeweg vermeerder is na 1 kilogram. Die grond rondom die stam is met 'n digte laag plantmateriaal bedek om te keer dat ander plantegroei nie met die Melkhout meeding nie. Verder is kweekgras of kikoejoe, wat 'n inhibeerstof afskei en groei strem, nie toegelaat om tot naby die stam te groei nie. Vir 'n sierraad in enige tuin plant vanjaar nog 'n Melkhout! |
<English
translation coming soon> |
OVERSTRAND
HERWINNING
<<Back PLAASLIKE
KONTAKPERSOON VIR HERWINNING: |
<English
translation coming soon> |
SEAWATCH
/ SEEWAG
<<Back In an attempt to do something positive to stop the poaching of abalone/perlemoen in our area, the Conservation Society has resolved to actively promote the actions of the local SEAWATCH branch. Any irregularity, whether it is suspicious people, divers, vehicles or whatever movement or actions do not look normal, please report it immediately to Rob Nothnagel at tel 028 381 9666 or 082 890 5803. Please help us to be the eyes and ears of SEAWATCH and let us try to put an end to poaching and the destruction of our natural marine assets. |
MANATOKABOME: |
<English
translation coming soon> |
BAIE
DANKIE!!!
<<Back Aan al die Komiteelede, baie dankie vir 'n uiters suksesvolle jaar se harde werk en baie dankie vir julle bereidwilligheid om vergaderings op Saterdae by te woon - dit word opreg waardeer. |
<English
translation coming soon> |
| www.PearlyBeachOnline.co.za | |
| ARCHIVES — Contents Page |
Copyright © Pearly Beach Online | All Rights Reserved