HOME www.PearlyBeachOnline.co.za
ARCHIVES — Contents Page

Conservation Society Home Page HERE

Pearly Beach Conservation Society

20 December 2006 — Annual General Meeting

Welcome * Apologies * 2005 AGM * Matters Arising from Previous Minutes * Chairperson's Annual Report * Financial Report * Forming Conservancy * Election of Management Committee * Guest Speaker * Discussion & Questions * Closure

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 20 DESEMBER 2006

MINUTES OF THE ANNUAL GENERAL MEETING HELD ON 20 DECEMBER 2006


TEENWOORDIG/ PRESENT:
39 belangstellendes

1. VERWELKOMING/ WELCOME: Elrina Versfeld, the chairperson, opens the meeting with a prayer and welcomes everybody present, especially the guest speaker, Anne Bean.    <<Back

2. VERSKONINGS/ APOLOGIES: A. and R. Stanvliet, A. Murray, P.J. and S.M. van der Westhuizen, N. Ravenscroft, K. Smith, E. Hanekom, C.G. Killian, P. Kent.    <<Back

3. BEKRAGTIGING VAN NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 21 DESEMBER 2005/ CONFIRMATION OF THE MINUTES OF THE ANNUAL GENERAL MEETING HELD ON 21 DECEMBER 2005

The minutes of the previous annual meeting held on 21 December 2005 are approved.    <<Back

4. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE VORIGE NOTULE/ MATTERS ARISING FROM PREVIOUS MINUTES: none.     <<Back

5. VOORSITTER SE JAARVERSLAG/ CHAIRPERSON'S ANNUAL REPORT:

Die Voorsitter lees die jaarverslag. Spesiale dank word uitgespreek teenoor Linda Harris en Johnny van Wyk (ons twee verteenwoordigers op die wykskomitee), die komitee van die Belastingbetalersvereniging en Rob Fryer van die Overstrand Conservation Foundation vir hul ondersteuning en samewerking gedurende die afgelope jaar. Die oorsig oor die afgelope jaar se werksaamhede behels die volgende:

Clean Marine Project: Birdlife Walker Bay, Birdlife Overberg and our Society organized a Clean Marine Litter Day on 14 January 2006. All rubbish was collected. This ongoing project extends to the entire South African coastline and all the litter is documented and the information analyzed. Hopefully the concepts of marine conservation awareness and the impacts of marine litter will reach all people. If anyone is interested to help with this worthy project, please contact Warren Rutherford who is the local co-ordinator.  <<Back

Halfjaarlikse nuusbrief: Om ons lede ingelig te hou oor die Vereniging se bedrywighede, word 'n ekstra nuusbrief halfjaarliks uitgestuur. Weens die hoë posgeld, kan dit slegs deur middel van e-pos asook in die Herbarium versprei word. Dit sal dus waardeer word as u ons op hoogte kan hou van u korrekte e-posadres.

Pearly Beach Online: A web page on Pearly Beach was developed by Nina Martin and is regularly updated by her. The address is www.pearlybeachonline.co.za. Please support this project.

Voorgestelde hersonering en onderverdeling van plaas 227 en 224: Briers Trust: Die eienaars van die plaas wat aan die westelike kant aan Pearly Beach grens, beoog om 100 residensiële erwe daar te ontwikkel. Ons is bekommerd oor die invloed wat dit op die dienstestruktuur van ons dorp sal hê, asook die moontlike nadelige invloed van die voorste 47 erwe op die duinesisteem. Die Vereniging het beswaar ingedien teen die aansoek en 'n openbare vergadering hieroor is bygewoon. Lede van die Vereniging sal op die hoogte van verdere verwikkelings gehou word.

Plot clearing management: We cannot support the present practice of cutting all fynbos to a height of ± 500 mm. The Overstrand Council has appointed a consultant, Dr Hamilton-Attwell, to prepare a plot clearing management document and we have submitted our proposals to be incorporated into this.

Fynbostuin: Toestemming is verkry van die Overstrand Munisipaliteit om 'n inheemse fynbostuin te vestig op 'n deel van erf 1780, waar die Hengelklubsaal geleë is. Mettertyd sal die houthuisie van die huidige Herbarium hopelik vervang word met 'n permanente gebou waarvan die bouplanne byna gefinaliseer is. Lede word versoek om hierdie projek finansieel te ondersteun.  <<Back

Benches along beach front: For the past 14 years this Society has erected and maintained several benches along the beach front. During March it was discovered that one bench at the parking area near the caravan park had been stolen, its concrete foundation broken. The police were informed.

Noorkapper-ontwikkeling: Met die skoonmaak van die eerste erf in die ontwikkeling het dit geblyk dat daar afgewyk word van die voorwaardes van die hersonering. Die bou-inspekteur op Gansbaai is in kennis gestel wat die saak met die bouer opgeneem het.

Frontal dune area: The Society has asked funds from the Ward Committee for the clearing of alien plants on public open spaces as well as a collection point for visitors to leave their household garbage. We hope that these funds will be allocated.

Groenstrook: Die Vereniging probeer al sedert April 2002 om erwe 163,164,166, 654 en 1893 te laat hersoneer van publieke oopruimte na privaat natuurreservaatsone 3, om sodoende die bewaringsstatus van die ongerepte fynbosveld te verseker. Rob Fryer van die Overstrand Conservation Foundation het die projek oorgeneem saam met dié van Bettiesbaai, Rooi-els en Pringlebaai.  <<Back

Whale information boards: Three new whale information boards have been erected. A new board on the Black Oystercatcher will follow shortly. Hopefully they will not again be vandalized.

Voertuie op strande: Weens 'n gebrek aan wetstoepassing, word die aantal 4x4- voertuie en motorfietse op die strand en in die duine alweer meer. Dit bly steeds onwettig.

Uitroei van indringers: 'n Beroep word gedoen op Bewaringslede om 'n bydrae te lewer met die beheer van indringerplante en die skoonhou van publieke oopruimtes. 'n Opregte dankie aan dié lede wat reeds rommel in hul onmiddellike omgewing optel en in die naaste oop ruimte Rooikrans, Port Jackson en Manatoka uitroei.

Way forward: The Committee members will be pleased to hear your suggestions and proposals to help us promote our Society. We have already started monthly press reports in the Gansbaai Courant.

Herbarium: 'n Groot dankie gaan aan Heilie Mostert en haar span helpers wat sorg dat die Herbarium elke dag oop is vir besoekers. Dit bly die vertoonvenster van wat ons as Vereniging probeer bewaar. Hulp is altyd welkom: kontak asseblief vir Heilie.  <<Back

Conservation village idea: (See no 7) The overall idea is to get the Overstrand Municipality and Council to recognize the area as requiring different treatment and to have this formalized in a management plan. The management plan will set out how all aspects of the town's services, roads, private and public open spaces and facilities will be managed taking into account the need to preserve the town's biodiversity as far as this is possible in an urban area.

Boot-lanseerplek: Wanneer Blouwaterbaai as amptelike bootlanseerplek erkenning kry, sal toegang beheer word deur die Dyer Bootklub. Ons vertrou dat dit doeltreffend sal wees en ons het as komitee dus die aansoek ondersteun.

Hacking party: A large part of the frontal green belt towards Rotunda Street has been cleared of alien vegetation on Saturday, 16 December. A big thank you to everyone who was involved.

Bedankings: Die Bestuurskomiteelede word bedank vir hul getroue bywoning van vergaderings op Saterdae en hul insette, veral die sekretaresse, tesourier en ondervoorsitter. Hartlike dank ook aan alle lede vir hul ondersteuning, daar word gehoop dat almal weer sal aansluit vir 2006 sodat ons saam die unieke karakter van Pearly Beach vir die volgende geslagte sal help bewaar.  <<Back

6. FINANSIëLE VERSLAG/ FINANCIAL REPORT

The Treasurer reads a brief summary of the financial report of the past year. The books have been audited free of charge by Gouws, Pitzer & Co.    <<Back

7. VORMING VAN 'N BEWARIA / FORMING OF A CONSERVANCY:

Alle grondeienaars het saam met hul diensterekening 'n strokie ontvang waarmee hul kon stem vir of teen die stigting van 'n Bewaria. Die uitslag was: 108 ten gunste, 3 negatief. Die uitslag sal aan CapeNature voorgelê word, waarna die dorp hopelik geregistreer sal word. Pearly Beach sal dan saam met die ander Bewarias insette kan lewer ten opsigte van toekomstige beplanning. Eluxolweni is hierby ingesluit. BESLUIT dat daar voortgegaan word met die proses om Pearly Beach as 'n Bewaria te registreer, dat die Vereniging se huidige bestuurskomitee volmag gegee word om met die proses voort te gaan en om 'n grondwet vir die Bewaria op te stel.    <<Back

8. VERKIESING VAN BESTUURSKOMITEE/ELECTION OF MANAGEMENT COMMITTEE

The present Committee is re-elected, but will with the first Committee meeting decide on a new Secretary.    <<Back

9. GASSPREKER/ GUEST SPEAKER :

Anne Bean, die bekende botanis en skryfster, is die spreker vanjaar. Haar onderwerp : 'n Aarde sonder mense. Sy verduidelik wat 'n "human footprint" behels die rommel wat elke mens in sy leeftyd laat. Die mens doen enorme skade aan die aarde, 30% daarvan is opgebruik. Haar volledige toespraak maak deel uit van die notule. Daar is groot waardering vir haar interessante bydrae.   <<Back

10. BESPREKING EN VRAE/ DISCUSSION AND QUESTIONS :

Mnr. Pieter Jacobs, een van die eerste stigterslede van die Vereniging, gee sy spyt te kenne dat hy destyds die sluiting van die strande vir voertuie gesteun het. Tans word permitte wel in sekere omstandighede toegestaan, en hul rig dus nog steeds skade aan die strand aan. Mense met adresse word vervolg, maar stropers besit die strand.
Ms L. Harris states that the members of the Ratepayers' Association should be included in the number of positive votes for a Conservancy.
Mr M Durr mentions that a conventional nuclear power station will be developed at Bantamsklip. This will be further discussed at the first meeting of the Committee in 2007.    <<Back

11. AFSLUITING/ CLOSURE :

Die Voorsitter bedank almal wat gekom het vir hul teenwoordigheid, veral die gasspreker vir haar moeite om spesiaal vanaf die Kaap tot hier te kom.

Die vergadering verdaag om 12h00.    <<Back

 

HOME www.PearlyBeachOnline.co.za
ARCHIVES — Contents Page

Copyright © Pearly Beach Online | All Rights Reserved